NewsNewsSportSport

Vegter derde beste in Afrika

n Jong vegter van Carletonville het die afgelope naweek die dorp en land se naam hoog gehou.

Carissa Botha van die XKT Fight St MMA en skopboksklub in Carletonville het van 28 to 30 April aan die International Mixed Martial Arts Federation (IMMAF) se Afrika kampioenskap deelgeneem. Dié byeenkoms is by die EFC performance institute in Boksburg gehou.
Deelnemers van ses lande, Suid-Afrika, Angola, Namibië, Zimbabwe, die Demokratiese Republiek van die die Kongo, Zambië en Mauritius het aan die byeenkoms deelgeneem.
Carissa, wat eers Dinsdag 19 jaar oud geword het, het die bronsmedalje in die vroue bantamgewig-afdeling vir vegters van 61.5 kg en ligter ingepalm. Nóg ‘n Suid-Afrikaner, Mischka Laubscher, het die goud gevat, terwyl Moneza Neves van Angola die silwermedalje huis toe geneem het.
“Ek is baie trots op Carissa. Daar lê vir haar nog groot dinge voor,” sê haar afrigter, Shihan Chimmy van Winkel.
Sowat 60 vegters het aan die kampioenskap deelgeneem.
Suid-Afrika was die algehele wenner van die kampioenskap met 17 medaljes. Angola was tweede en Namibië derde.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button