NewsNewsSportSport

Plaaslike ruiter nasionale kampioen

‘n Jong ruiter van die omgewing, Caelee Johnstone, het skoonskip by die SA Nasionale Friesperd Kampioenskappe gemaak.

Dié byeenkoms is van 5 tot 7 Mei by die AfriDome in Parys gehou.
Caelee en haar perd, Hector, het verskeie titels tydens die skou opgeraap.
Hector is gekroon as die SA Kampioen Senior reun in hand. Caelee en Hector het skoonskip gemaak in die afdeling vir o.14 ruiters.
Hulle is as SA kampioene in die drie-gang ryperd en drie-gang ruiterkuns afdeling aangewys. Dié prestasies het hulle die algehele nasionale kampioene in die o.14 afdeling gemaak.
Caelee het ook vir die eerste keer aan die “Western Pleasure”-klas teen ruiters van alle ouderdomme deelgeneem.
Sy en Hector het die beoordelaars só beïndruk dat hulle ook as die kampioene in dié afdeling aangewys is.
Dié prestasies het Caelee ook laat kwalifiseer as ‘n finalis in die groot SA Kampioen Driegang Kinderklas. Ondanks die feit dat sy teen ruiters tot so oud as o.18 moes deelneem, het Caelee en Hector as reserwe kampioene weggestap.
“Dit voel so goed om te kan sien hoe die ruiter en perd kombinasie deur die jare saam gegroei het tot waar hulle nou saam sulke hoogtes kan bereik,” sê Caelee se ma, Amanda Johnstone.

 

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button