NewsNews

Vermiste vrou se liggaam gekry

Voertuig ook opgespoor

Die liggaam van die 41-jarige sakevrou van Welkom wat sedert 25 November vermis was, is gekry in die Sandrivier naby Allemanskraal by Winburg, het polisiewoordvoerder, kapt. Stephen Thakeng, bevestig.

Matshediso Julia Nkhatho is as vermis aangemeld nadat sy vroeër saam met ‘n onbekende man in haar grys Volkswagen Polo na Kimberley gereis het om tenderdokumente te gaan inhandig. Die man sou haar met die dokumente gehelp het.

‘n Hengelaar het op 26 November die liggaam van ‘n vrou in die rivier opgemerk en die polisie in kennis gestel. Polisieduikers het haar liggaam uit die rivier gehaal. Haar hande was vasgebind.
Na aanleiding van die mediaberigte oor haar verdwyning, is sy uitgeken as die vermiste Nkhatho. Haar motor is ook intussen in die Welkomse sakegebied opgespoor.
Die moorddossier word nou ondersoek deur speur-sers. Andrew Lechesa van die polisie se eenheid vir ernstige en geweldsmisdade in Welkom. Mense wat inligting het wat die polisie kan help in hul ondersoek is gevra om  082 493 1204 of die Stop Misdaad nommer 08600 10111 te skakel, het kapt. Thakeng gesê.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button