NewsSport

Drie Potchefstromers haal SA o.19 Vroue Wêreldbekerspan

Drie van Potchefstroom en die Noordwes Dragons se top jong kriekettalent, Elandri Janse van Rensburg, Nthabiseng Nini en Anica Swart het die eer om Suid-Afrika by die eerste o.19 Vroue Krieketwêreldbeker vanaf 14-29 Januarie 2023 in Potchefstroom en Benoni te verteenwoordig. Janse van Rensburg en Swart (beide leerders van Potchefstroom Gimnasium) en Nini (‘n HTS …

Drie van Potchefstroom en die Noordwes Dragons se top jong kriekettalent, Elandri Janse van Rensburg, Nthabiseng Nini en Anica Swart het die eer om Suid-Afrika by die eerste o.19 Vroue Krieketwêreldbeker vanaf 14-29 Januarie 2023 in Potchefstroom en Benoni te verteenwoordig.

Janse van Rensburg en Swart (beide leerders van Potchefstroom Gimnasium) en Nini (‘n HTS Potchefstroom-leerder) is in die Suid-Afrikaanse o.19 span opgeneem na ‘n briljante jaar op die krieketveld.

Anica Swart, Elandri Janse van Rensburg en Nthabiseng Nini is vir die SA o.19 span vir die 2023 o.19 Vroue Wêreldbeker gekies.

Hierdie is ‘n fantastiese geleentheid vir hierdie jong spelers wat teen die top spelers in die wêreld sal speel.

Suid-Afrika se o.19’s sal teen Indië, Skotland en die Verenigde Arabiese Emirate in groep B te staan kom.

Die SA o.19 span is as volg:

Elandri Janse Van Rensburg, Simone Lourens, Anica Swart, Karabo Meso,  Madison Landsman, Oluhle Siyo, Kayla Reyneke , Jenna Evans, Miane Smit, Ayanda Hlubi, Seshnie Naidu, Refilwe Moncho, Mona Lisa Legodi, Nthabiseng Nini, Jemma Botha

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button