Local newsNews
Fochville-rugbyspeler Wiekes Coetzer blink uit by Jozi 10s-toernooi
Die span het eers in die finaal teen die Legends, met verskeie oud-Springbokke, vasgeval.
‘n Rugbyspeler van Fochville, Wiekes Coetzer, het weer die afgelope naweek sy staal gewys tydens ‘n “Oldies” kompetisie.
Wiekes het Saterdag vir die Gauteng Barbarians by die Jozi 10s kompetisie uitgedraf. Die span het baie goed gevaar en eers in die finaal teen die Legends verloor.
“Ons het ‘n goeie eerste helfde vertoning gehad. Daar was groot name wat vir die Legends gespeel het. Hulle het meer as drie oud-Springbokke aan hul kant gespeel. Daar was ook spelers wat vir die Leeus en Griffins gespeel het,” vertel Coetzer.
Die Gauteng Barbarians gaan ook tydens die Cape Town 10s hul staal wys.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



