Local newsNews
Laerskool Dagbreek-krieketspelers gekies vir Gauteng-Wes-spanne
Vier jong krieketspelers van Laerskool Dagbreek op Carletonville is vir die o.13 Gauteng-Wes-seuns- en meisiespanne gekies.
Laerskool Dagbreek op Carletonville se krieketspelers staan vir niemand terug nie.
Twee van die skool se seuns, Jaco Stander en Jurgens Botha, is onlangs vir die o13 Gauteng-Wes-span gekies.
Intussen het die skool se meisies gewys dat hulle net so bedrewe is op die krieketveld.
Elnette Müller en Almarie Botha is op hul beurt vir die Gauteng-Wes meisiespan gekies.
“Net die bestes van die bestes word vir hierdie spanne gekies,” noem die skool se woordvoerder, Colene Rudolph.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



