Local newsNews

Billfish 15000 in Sodwana weer ‘n groot sukses vir Dorado Skibootklub

Die jaarlikse Billfish 15000-toernooi, aangebied deur die Dorado Skibootklub van Carletonville, het van 9 tot 14 November in Sodwana plaasgevind en vanjaar weer groot belangstelling getrek.

Die jaarlikse Billfish 15000-toernooi, wat deur die Dorado Skibootklub van Carletonville aangebied word, was weereens vanjaar ‘n groot sukses.

Volgens Blyde Pretorius van Dorado Skibootklub, het vanjaar se Billfish 15000 van 9 tot 14 November in Sodwana plaasgevind.

“You knocked it out the park! A really fantastic, well organised event, was van die woorde van borge en hengelaars wat deelgeneem het,” vertel Pretorius.

Dít het ook weereens bewys hoekom dié ikoniese toernooi, wat hengelaars van regoor Suid-Afrika en die buiteland lok, as een van die land se voorste sportvisgeleenthede beskou word. Met maksimum inskrywings van 86 bote en ideale weersomstandighede vir die grootste deel van die week, het spanne uit alle rigtings die water met hoë verwagtinge betree.

Verwagtinge is oortref toe die deelnemers ‘n totaal van 46 snawel visse gevang en vrygelaat het. Die visse wat boot toe gebring is, het al die spesies naamlik Streep-, Swart- en Blou Marlyn sowel as Shortbill en Seilvisse ingesluit.

Die sukses van die Billfish 15000 is moontlik gemaak deur die steun van talle borge, plaaslike besighede en vrywilligers.

Die Dorado Skibootklub het spesiale dank uitgespreek aan elke ondersteuner wat gehelp het om die toernooi se standaard hoog te hou en ‘n veilige en feestelike atmosfeer in Sodwana te skep.

Span “Bakgat” het met die wen prys weggestap, ‘n Seacat 636 boot met Yamaha 130HP motors ter waarde van R1.3m. Met al hul pryse saam deur die week het die span ongeveer R2m se pryse ingepalm.

Met 2026 wat die 40-jarige herdenking van die Billfish 15000 merk, het die Dorado Skibootklub reeds bevestig dat groot planne vir volgende jaar se kompetisie in plek is.

“Na hierdie jaar se sterk prestasie, beloof volgende jaar se toernooi om ‘n mylpaal te wees wat nog groter deelname en internasionale belangstelling sal lok,” sê Pretorius.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button