Local newsNews

Fochville se Braam Nel gekroon as Mr Teen Suid-Afrika 2025

Braam Nel van Fochville is Sondag as Mr Teen Suid-Afrika aangewys tydens ’n glansgeleentheid in Midrand.

Braam Nel van Fochville het op 7 Desember tydens ‘n glansfunksie by Vodaworld in Midrand met die titel van Mr Teen Suid-Afrika weggestap.

“Ek was sprakeloos en kon nie glo ek het gewen nie,” het Braam die dag ná sy kroning aan die Herald vertel. Hoewel hy baie strawwe kompetisie van die agt ander finaliste gehad het, het Braam Sondagmiddag die beoordelaars se aandag tydens die loopplank en vraag-en-antwoord sessies getrek.

Op die vraag van wat hy aan die departement van onderwys se stelsel sou verander, het Braam geantwoord dat hy alle skole in die land se curriculums dieselfde sal maak. Braam, wat self Noordwes-kleure in krieket het, het AB de Villiers as sy gunsteling rolmodel genoem.

Braam het verskeie pryse as deel van sy titel gewen en sal deur die komende jaar die funksies van ander kompetisies soos Mnr Suid-Afrika as deel van sy verpligtinge moet bywoon.

Hy geniet egter die modelwerk soveel dat hy beplan om teen middel volgende jaar aan die Mr Teen Universe kompetisie deel te neem en wanneer hy 20 jaar oud is die Mnr Suid-Afrika titel te probeer inpalm.

Braam, wat vanjaar ‘n matrikulant aan Potchefstroom Gimnasium was, wil volgende jaar sy LLB-regsgraad by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus aanpak.

Braam se reis na die titel het ‘n jaar gelede toevallig begin toe ‘n modelagent tydens sy gesin se vakansie op die MSC Sinfonia-plesierboot na hulle toe gekom en Braam aangemoedig het om vir Mr Teen in te skryf.

Volgens hom sou hy nie sover kon vorder sonder die ondersteuning van sy ouers nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button