Pragtige honde en katte wag op liefdevolle huise by Carletonville DBV
Daar is tans baie pragtige honde en katte by die Carletonville DBV (Dierebeskermingsvereniging) wat dringend nuwe, liefdevolle huise soek.
Daar is baie pragtige honde en katte wat by die Carletonville DBV (Dierebeskermingsvereniging) na nuwe huise soek.
Behalwe vir volwasse honde van alle groottes en pragtige katte, is daar ook baba diertjies wat aangeneem moet word.
Die DBV herinner ook troeteldier-eienaars dat, indien hul viervoet vriend dalk verlore raak, hulle die organisasie moet skakel aangesien baie verlore diere na die DBV gebring word.
Die DBV se kantore en hokke in Beersterstraat in Oberholzer (op pad na die koöperasie) is van 09:00 tot 16:00 op weeksdae en op Saterdae van 08:00 tot 11:00 oop.
Die Carletonville DBV kan by 018 788 6262 geskakel word. Hul noodnommer is 064 752 6035.



