Bruid van die Jaar 2025: Stuur jou inskrywing vir die Herald se gewilde kompetisie!
Alle plaaslike inskrywings word geplaas.
Die Carletonville en Fochville Herald nooi alle bruide van ons streek wat in 2025 trou, of reeds die jaar die knoop deurgehak het, om aan ons geliefde Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem!
Of jy nou onlangs getroud is of later vanjaar die groot dag beplan, ons wil graag van jou hoor.
Stuur jou mooiste troufoto, saam met die volgende inligting:
-
Julle volledige name en vanne
-
Dorp waarvan julle afkomstig is
-
Huweliksdatum
Stuur dit per WhatsApp na 061 529 0836 of e-pos na [email protected].
Al die inskrywings sal deurlopend op ons webtuiste verskyn, sodat familie, vriende en lesers jul spesiale oomblik saam met julle kan herleef.
Kyk gerus na die inskrywings hier:
👉 https://www.citizen.co.za/carletonville-herald/bruid-van-die-jaar-2025/
Alle bruide wat tussen Januarie en Desember 2025 getroud is, kom in aanmerking.
Moenie hierdie kans mis om jou sprokiesdag met ons gemeenskap te deel nie — stuur jou inskrywing vandag nog in!



