Local newsNews

Twee tienerseuns gearresteer ná beweerde boelie-aanranding in Carletonville wat op video vasgelê is

Twee tienerseuns, onderskeidelik 14 en 15 jaar oud, is op 9 Maart in Carletonville gearresteer nadat ’n video waarin hulle glo ’n ander seun aanrand, op sosiale media versprei het en groot reaksie van die publiek ontlok het.

Die twee seuns wat onlangs ‘n ouer seun in Carletonville aangerand het, is gister (9 Maart) deur die polisie op Carletonville gearresteer.

Die video van die seuns is wyd op sosiale media gedeel.

In die video, met die naam “Carletonville Bullies” kan gesien word hoe twee seuns na ‘n ander een toe loop. Hoewel die derde seun van hulle af probeer wegdraai, trek een van die ander seuns los en slaan hom só hard teen die regterkant van sy besig dat hy op die grond val.

Dieselfde seun skop hom hierna teen die kop terwyl hy steeds op die grond sit.

Volgens ‘n betroubare bron is die twee seuns, wat onderskeidelik 14 en 15 jaar oud is, gister op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer gearresteer.

Die een beskuldigde is van Carletonville terwyl die ander ander een van Klerksdorp af kom.

Sover vasgestel kan word, het die voorval voorverlede naweek in Carletonville plaasgevind.

“Sulke gedrag kan nie in ons dorp geduld word nie,” het die bron gesê.

Die video het baie kommentaar op sosiale media uitgelok, met lesers wat hul afgryse met die seuns se gedrag uitgespreek het.

“Sulke goed maak my boos. Watse ouers voed hul kinders so op. Hulle word vir die tronk groot. Jy sal jou dag kry Boellie. Dalk nog in die lewe, maar beslis in die lewe hierna. God slaap nie. Ek bid dat daardie kind wat so behandel is, ok is,” het een van die lesers, Nicolene Pieterse Lottering gesê.

Opdatering: Die saak teen die twee seuns is intussen teruggetrek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button