Local newsNews

Warriors-netbalklub van Carletonville behaal goeie uitslae in liga

Die Warriors A-, B- en vrouespanne het indrukwekkende vertonings in Potchefstroom gelewer ondanks die ysige wintertoestande.

Hoewel die meeste ander inwoners die afgelope naweek nie onder hul komberse uitgeklim het nie, het lede van die Warriors-netbalklub van Carletonville uitstekend tydens hul ligawedstryde gevaar.

Die klub neem aan die Kenneth Kaunda-liga in Potchefstroom deel waar hulle teen opponente van verskeie dorpe te staan kom.

Volgens die klub se woordvoerder, Joe Bosh, het die Warriors A-span gelykop geëindig met die Mosaic Warriors met ‘n telling van 15-15.

Die Warriors-vrouespan het Potch College 30-13 geklop, terwyl die Warriors B-span Mosaic Warriors met ‘n stewige telling van 27–8 in die stof laat byt het.

Inwoners wat meer van die klub wil weet, kan Rochagne Nolan skakel by 074 042 8520.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button