Local newsNews

Fochville se Liam van Wyk na Afrika Skopbokskampioenskap

Negejarige wêreldkampioen reis na Kameroen om teen die vasteland se beste jong skopboksers mee te ding.

Die jong skopbokser van Fochville wat reeds vroeër vanjaar ‘n tweede keer met ‘n wêreldtitel in dié sportsoort weggestap het, is op pad na nog ‘n groot byeenkoms.

Die negejarige Liam van Wyk gaan van 21 tot 27 Junie aan die Afrika skopbokskampioenskap in Yaoundé in die Sentraal-Afrika-land, Kameroen deelneem.

Dié byeenkoms word deur WAKO (World Association of Kickboxing Organisations) aangebied om talent vir toekomstige internasionale kompetisies te identifiseer.

Liam, ‘n leerder van Laerskool Fochville wat deel is van die United Martial Arts International skopboksklub in Benoni, het in April tydens die wêreldkampioenskap in Bangkok, Thailand as wenner van die afdeling vir vegters van 10 tot 12 jaar weggestap.

Dit was die tweede jaar wat hy dié prestasies bereik het.

“Ons is ongelooflik trots op Liam en wens hom alle sukses toe terwyl hy die Suid-Afrikaanse vlag hoog laat wapper,” sê Liam se ma, Gwen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button