Local newsSport

Carletonville vegters presteer by groot kompetisie

Hulle maak reg vir volgende jaar se provinsiale proewe.

Verskeie vegters van die Fight St-skopboksklub het verlede naweek uitstekend presteer tydens die Battle of the East-kompetisie by die Brakpan-sportgronde.

Die byeenkoms, wat op 24 Oktober as die laaste groot kompetisie van die jaar aangebied is, het meer as 250 deelnemers van regoor Gauteng, die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal gelok.

Ten spyte van die strawwe kompetisie het die vegters van Carletonville verskeie medaljes losgeslaan.

Volgens die klub se afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, was die byeenkoms van kardinale belang om fiks te bly voor die feestyd.

Die skopboksers berei hul reeds voor vir die Gauteng-proewe, wat einde Januarie sal plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button