Local newsNews
Pretorius skuldig aan moord in Fochville-kroegsaak
Vonnisoplegging vind op 21 Augustus plaas ná skuldigbevinding in opspraakwekkende Fochville-kroegmoordsaak.
Rudolph “Ruhan” Pretorius is skuldig bevind aan die moord op Natasha Wheeler Barnard.
Pretorius het vroeër vandag, 21 Julie, voor Landdros Fatima Khan in verband met die opspraakwekkende saak verskyn en is skuldig bevind op die aanklag van moord teen hom.
Hy sal op 21 Augustus gevonnis word.
Die saak spruit uit ‘n voorval in Maart 2022 by The Boulevard-kroeg, waartydens Natasha Wheeler Barnard (33), ernstig aangerand is en later aan haar kopbeserings dood is.
Die kroeg is intussen gesluit.
Pretorius is die enigste oorblywende beskuldigde in die saak nadat aanklagte teen die ander oorspronklike verdagtes laat vaar is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


