Dagbreek-leerders skitter tydens Mnr. en Mej. Daggies-kompetisie
Leerders is in die senior- en supreme-afdelings vir hul verhoogvernuf, persoonlikheid en uitnemendheid vereer.
Laerskool Dagbreek in Carletonville het onlangs hul gesogte Mnr. en Mej. Daggies-kompetisie gehou waar seuns en dogters vir hul uitnemendheid en verhoogvernuf vereer is.
In die seniorafdeling is Kgalalelo Mogudi as Mej. Daggies gekroon, met Sandra Janse van Vuuren as die eerste prinses en Anke Strydom as die tweede prinses.
Keagen Steenkamp is vanjaar as Mnr. Daggies aangewys, terwyl Wessel Oosthuizen en Drikus du Plooy onderskeidelik die eerste en tweede prins is.
Kyrah Oosthuizen is daarnaas as die beste Senior Debutant aangewys en Milan dos Santos het met die titel vir Senior Fotogenies weggestap. Die kompetisie het ook die supreme-afdeling ingesluit waar Mihané Nel as Mej. Daggies gekroon is.
Lexi Fowler is as die eerste prinses aangewys, terwyl Chanique Day die kroon as tweede prinses ontvang het. Jaco Blaauw is as Mnr. Daggies in dié afdeling aangewys, met Josua Kolbe as die eerste prins en Martin Snyman as die tweede prins. Josua Kolbe is boonop ook as Mnr. Persoonlikheid gekies.
Verdere prestasies in die supreme-afdeling sluit in Lehané Oosthuizen wat as Mej. Persoonlikheid aangewys is, James Pienaar as Supreme Debutant, en Peyton Slabbert wat die titel vir Supreme Fotogenies verower het.



