Local newsNews

Hoërskool Fochville se hokkiespanne blink uit by Noordvaal-toernooi

Hoërskool Fochville se o15-meisies wen Noordvaal-hokkietoernooi

Twee van Hoërskool Fochville se hokkiespanne het deurgedring na die Noordvaal-toernooi en die skool met trots verteenwoordig.

Die skool se o15-meisiespan het by Hoërskool Dr. Malan in Meyerton deelgeneem en met ‘n eerste plek as kampioene uit die stryd getree.

Fochies se o16’s het by Hoërskool Hugenote in Springs deelgeneem en ‘n uitstekende agtste plek behaal.

“Baie geluk aan al ons spelers en afrigters met hierdie besonderse prestasies. Julle harde werk, deursettingsvermoë en spangees het vrugte afgewerp. Welgedaan, meisies! Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Julle het Hoërskool Fochville se naam hoog gehou!” sê die skool se woordvoerder, mev. Elsabe de Mesquita.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button