Local newsNews

Carletonville se skopboksers blink uit by Tiny Titans-kompetisie

Jong skopboksers van Fight St-skopboksklub in Carletonville het by die Tiny Titans-kompetisie in Brakpan uitstekend gevaar en waardevolle voorbereiding vir hul volgende groot uitdaging gekry.

‘n Groep skopboksers van die Fight St-skopboksklub in Carletonville het die afgelope naweek gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.

Die jong vegters het op 29 Augustus aan die Tiny Titans skopbokskompetisie in Brakpan deelgeneem.
Dié jaarlikse byeenkoms gee aan jonger vegters die geleentheid om hul vaardigheid te meet.

Volgens die klub se afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, het 101 vegters van regoor Gauteng en die Noord-Kaap, sowel as Ellisras deelgeneem.

“Die outjies het baie goed gedoen en ek is trots op hulle. Hierdie was ook ‘n voorbereiding vir die Battle of the East wat op 22 Oktober in Brakpan gehou word,” sê Van Winkel.

Hy noem ook dat al die jong vegters wat aan die forms-kategorie deelgeneem het, goue medaljes huis toe gebring het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button