Local newsNews

Hoërskool Fochville-skuts skitter by British Junior International

Ané Gerber en Chanél van Wyk het Suid-Afrika in Londen verteenwoordig en onderskeidelik as die tweede beste junior pistoolskut en sesde beste junior geweerskut geëindig.

Die twee skuts van Hoërskool Fochville wat Suid-Afrika verlede maand tydens die British Junior International skietkompetisie verteenwoordig het, het hulself uitstekend van hul taak gekwyt.

“Na Ané Gerber en Chanél van Wyk se deelname in Londen, weet almal beslis wie hulle is. Die twee graad 11-leerlinge van Hoërskool Fochville het beslis gewys waartoe hulle in staat is,” sê die skool se woordvoerder, Elsabe de Mesquita.

Ané Gerber is amptelik as die tweede beste junior pistoolskut aangewys en Chanél van Wyk as die sesde beste junior geweerskut.

Beide leerders het van 16 tot 20 Augustus aan die kompetisie deelgeneem.

“Hoërskool Fochville is só geseën met soveel talent wat jaarliks aan hulle toevertrou word. Hierdie twee jonge dames se besonderse prestasies wat hulle bereik het, getuig van toegewydheid, selfdissipline en ure se harde werk. Die nederigheid waarmee hulle hierdie topprestasies losgeskiet het, is absoluut wie hulle is. Baie geluk julle tweetjies; mag die SA’s later in die jaar net verder op julle talente en gawes bou,” sê De Mesquita.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button