Get to know you possible future Merafong mayors: Part 1
The profiles, of which this is the first, are based on information supplied by the respective parties and candidates. Unfortunately, not all parties responded by the publication deadline. The Herald will feature more profiles as they are submitted. Political parties with information about their mayoral candidates can email it to [email protected]
Ben van der Berg
Party: VF Plus
Agtergrond: Ben woon al 36 jaar in Carletonville en is al vir etlike jare aktief in die politiek betrokke. Hy is sedert 2016 ‘n proporsionele raadslid vir die VF Plus tot die Wes-Randdistriksmunisipaliteit en was tot in 2023 die burgemeesterskomiteelid belas met openbare veiligheid op dié munisipaliteit.
“Ek is ‘n gemeenskapsmens wat daarin glo om my medemens en die gemeenskap by te staan, ongeag wat die probleem is. Van ‘n foutiewe rekening regstel, tot slaggate opvul en straatligte herstel. Ek klim self in met my implemente en trekkers om parke se gras te sny waar die gemeenskap se veiligheid daarvan afhang. Bo en behalwe my werk as raadslid, dien ek ook op talle sub-rade en komitees.”
Hy staan ook as kandidaat om Wyk 17 in Carletonville en is reg om elke inwoner se belangse eerste te stel.



