CommunityNewsNewsPhoto Galleries
Idols durf die koue aan
Voornemende sangers gaan dié naweek na die derde, en laaste uitdun van vanjaar se Carletonville Idols-kompetisie stroom.
“Die laaste uitdun trek gewoonlik die meeste deelnemers en die wennersvan die X-Factor en Voices kompetisies ook gaan dié naweek deelneem. Dit is dus ook die ideale aand vir toeskouers om te kom kyk,” sê dié kompetisie se jarelange organiseerder, Leon van Jaarsveld.
Dié naweek se uitdun vind vanaand om 19:00 by Ollies Pub & Grill in Welverdiend plaas.
Juniors van ses tot 13 jaar oud en seniors van 14 jaar oud kan deelneem.
Voornemende deelnemers of diegene wat meer inligting wil hê, kan Van Jaarsveld by 072 117 4703 of sy vrou, Leonie, by 072 565 0008 skakel.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



