NewsNews

SAVF open nuwe gemeenskapswinkel

Die SAVF het onlangs ‘n nuwe winkel in Fochville geopen om behoeftiges te help en geld vir die organisasie in te samel.

Die organisasie het hul Kos-mos-niks gemeenskapswinkel in Fochville se hoofstraat in Losberglaan Vrydag, 9 April geopen.

Volgens die SAVF in Carletonville se hoof maatskaplike werker, mev. Mariëtte Hartley, kan inwoners ou klere of klere wat hulle nie meer dra nie, by die winkel aflaai. Dit word dan teen baie goedkoop aan die gemeenskap verkoop. Nie net help dit om geld vir die organisasie in te samel nie, maar help ook mense wat nie baie geld het nie, aangesien hulle nou vir baie goedkoop iets kan kry om aan te trek.

Die SAVF se nasionale president, Graeme Peplar, het ook die opening bygewoon. Hy is die eerste man wat in die SAVF se bestaan van meer as 100 jaar aan die stuur van sake staan. Intussen is inwoners welkom om skenkings vir die winkel te maak en dit te ondersteun.

Diegene wat meer oor die SAVF se aktiwiteite wil weet, kan hulle by (018) 786 1016 skakel of hul kantore agter Carletonville Hoërskool in Uralitestraat in Carletonville besoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button