NewsNewsSportSport

Dorado-hengelaars nasionale kapteine

Drie van Dorado Skibootklub se lede is as kapteins van nasionale spanne gekies.

Henry Gouws, die klub se visevoorsitter, het onlangs sy SADSAA (South African Deep Sea Angling Association) kleure in snawelvis hengel verwerf.
Hy is ook gekies as kaptein van die span om Suid-Afrika by die nasionale swaargerei-kampioenskap te verteenwoordig. Dié kampioenskap word in November in Sodwana gehou.
Intussen is Janes Wasserman as kaptein van die meesters-span wat ook tydens dieselfde nasionale kampioenskap sal meeding, gekies.
Nóg ‘n Dorado-lid, Jaco Hendriksz, is as kaptein van die Protea span gekies wat ons land in April volgende jaar by die wêreldkampioenskap sal verteenwoordig.
Dié byeenkoms word in die Kaap Verdiese Eilande aangebied.
Dié eilande is in die Noord-Atlantiese Oseaan, langs die westelike kus van Afrika geleë.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button