Local newsNews

Nóg ‘n vliegongeluk naby Carletonville

Die tweede vliegtuigongeluk in minder as ‘n maand in ons omgewing.

‘n Vliegtuig het kort vantevore ‘n noodlanding in die veld naby Baardstraat in Carletonville Uitbreiding 9 gemaak.

Sover vasgestel kan word, word die vliegtuig deur die Johannesburg Skydiving Club (JSC) gebruik om valskermspringers in die lug op te neem. Dit het vermoedelik enjin moeilikheid in een van dié vlugte opgedoen.

Gelukkig is niemand beseer nie.

Dit is die tweede vliegongeluk in ons omgewing in net minder as ‘n maand. Op 29 Desember is ‘n boer van die omgewing, mnr. Casper Botha en sy vrou Estelle, sowel as mnr Hennie Viviers  dood toe hul twee vliegtuie op die plaas Arena in mekaar vasgevlieg het.

Die ondersoek na die voorval is steeds aan die gang.

Die polisie is ook reeds op die toneel van vandag se ongeluk en dit sal ook verder deur die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid ondersoek word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button