Local newsSport

Gimnaste van Fochville en Carletonville wys hul staal

Gimnaste van verskeie ouderdomme het deelgeneem.

Jong gimnaste van die Losberg Gymnastics-klub, wat takke in Fochville en Carletonville het, het onlangs aan ‘n interne kompetisie deelgeneem.

Volgens klubhoof en afrigter JJ Strydom het die byeenkoms plaasgevind by die klub se oefenlokaal by die Gert van Rensburg-sportkompleks in Fochville.

“Gimnaste van ons takke in Carletonville en Fochville het deelgeneem. Dit was ons laaste groot kompetisie van die jaar en ons laaste kompetisie voor die SA’s,” sê Strydom.

Altesaam 53 gimnaste het deelgeneem. Die jongste deelnemer was net ‘n jaar en nege maande oud, terwyl die oudste gimnas 16 jaar oud was.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button