Local newsNews

Man skiet vriendin en homself

Ongelukkig het albei aan hul skietwonde gesterf.

‘n Familietragedie het onlangs in Kokosi afgespeel toe ‘n man eers sy vriendin en toe homself geskiet het.

Die hartseer voorval het op 30 Maart gebeur, terwyl ander inwoners hul Paasnaweek geniet het.

Die man (40) het blykbaar omstreeks 12:40 na sy vuurwapen begin soek. Dit is ‘n 9 mm Norinco pistool waarvoor hy ‘n lisensie het.

Toe die man die wapen in die hande kry, het hy sy vriendin (46) geskiet, waarna hy die wapen op homself gedraai en geskiet het.

Hoewel bure ‘n ambulans ontbied het, kon nie die man of sy vriendin hul skietwonde oorleef nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button