Local newsNews

Smithathlons hou naam hoog by die SAs

Hierdie ster-atlete moet in uiters onplesierige weersomstandighede deelneem.

Hoewel hulle geen medaljes huis toe kon bring nie, het atlete van die Smithathlons atletiekklub van Carletonville steeds uitstekend presteer.

Volgens die klub se afrigter, Annetjie Smith, het Mikayla Smith en Sandiso Loana verlede naweek aan die SA Skolekampioenskap in die Paarl deelgeneem.

Hoewel Mikaya net 13 is, het sy in die o.15 ouderdom in die 100 m en die aflos meegeding. Sy het algeheel negende tydens die 100 m geëindig. Hoewel die Gauteng aflosspan tweede was, is hulle ‘n uur na die wedloop as gevolg van ‘n te laat oorgee gediskwalifiseer.

Sandiso het ageheel vierde in die o.17 driesprong geëindig.

“Die wind was iets vreesliks. Dit was só erg dat die diskus- en hamergooi se hok uitmekaar geskeur en gebreek het. Ons het gelukkig gehoor dat volgende jaar se SAs in Bloemfontein gaan wees.

Mikayla en Sandiso, wat onderskeidelik leerders van Hoërskool Carletonvile en Carleton Jones High School is, was die enigste atlete van hul skole wat na die SA’s deurgedring het.

“Ons as klub is baie trots op hierdie twee atlete. Ons gaan probeer om volgende jaar Skole SAs te doen sowel as die ASA se SA kampioenskappe. Ons atlete kon dit nie hierdie jaar doen nie, want die ASA kampioenskappe was dieselfde naweek as die provinsiale skolekampioenskappe,” sê Smith.

Volgens haar is die twee atlete reg om nog groter hoogtes te bereik.
Die klub se jonger atlete gaan binnekort aan landloopkompetisies begin deelneem.

“Ons is nou besig met ons winterprogram en dit gaan al die atlete baie help om hul stamina te bou,” sê Smith.

Die subjeug (gr. 1 tot gr. 7) atlete se provinsiale kampioenskappe vind reeds in Oktober plaas, terwyl hul nasionale kampioenskappe in November gehou word.

“Ek wil graag hê dat al my atlete provinsiale kleure moet verwerf,” sê Smith.
Mikayla het ook na afloop van die SA’s almal bedank wat haar gehelp het om aan die byeenkoms deel te neem.

Mikayla Smith het algeheel negende gekom tydens die 100 m. Hoewel haar aflosspan aanvanklik tweede was, is hulle later gediskwalifiseer.

Related Articles

 
Back to top button