Local newsSport

MMA-vegters presteer nasionaal

Ons plaaslike MMA-klub het weer gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.

Vegters van die Fight Street MMA klub in Carletonville het die afgelope week tydens dié sport se nasionale kampioenskap presteer.

Die byeenkoms is van Donderdag 18 tot Sondag 21 April, in Durban gehou. Volgens die vegters se afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, het meer as 200 vegters van Gauteng, KwaZulu-Natal, die Noord- en Oos-Kaap en Limpopo aan die byeenkoms in Greyville deelgeneem.

Carletonville se vegters het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Megan Golden, Emma Golden en Sumari-May Eddy het goue medaljes ingepalm. Kenneth Golden en Charmaine Rabbolini het silwer medaljes huis toe gebring. Nóg ‘n vegter, Patrick Steyn, het die algehele vyfde plek in sy afdeling ingepalm.

Asof die vier dae se kragmetings nie genoeg was nie, het Megan en Emma ook Donderdag aan vertoongevegte deelgeneem waartydens hulle in hoër gewigsdivisies op hul eie moes veg.

Dié gevegte is regstreeks op Supersport se kanaal 112 uitgesaai. Van Winkel sê hy is baie trots en tevrede met die klub se MMA-sterre se vertoning tydens die SAs. Die Gauteng-span was ook die algehele wenners gewees.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button