AdvertorialEntertainmentNewsSponsored

Hankook Land Cruiser-fees reeds 12 jaar oud en staan nog sterk

Land Cruiser-eienaars kan gereed maak vir ’n groot makietie wanneer die jaarlikse Hankook Land Cruiser fees in Junie afskop.

Die naweek van Vrydag 7 tot 9 Junie ruk Land Cruiser-eienaars weer op na die Sondela-natuurreservaat en Spa naby Bela Bela, vir die immergewilde Hankook Land Cruiser Fees en Afrika-rekord.

Gaste kan uitsien na onder andere verskeie buitelewe uitstallers, die uitpak van die Land Cruiser-formasie, kindervermaak, Ketelkraal-kroegfasiliteite, Jimmy’s Sreakhouse Sauces se kunstenaars wat optree, ’n kuns- en snuffelmark, warmwater swembaddens en ’n ‘Sunset Game Drive’ in ’n begeleide konvooi.

Die LA Sport Action Arena, aangebied deur LA Sport Pretoria, word hierdie jaar op ’n splinternuwe baan aangebied om alle aktiwiteite en uitstallers baie nader aan mekaar te bring en sodoende die atmosfeer nog verder uit te bou en vir ’n langer periode op die dag aan te bied. Items soos ’n baie uitdagende moddergat, heuwelklim, ‘cross axle’ en natuurlik die baie gewilde Cruiser ‘gravel drags’ word weer hier aangebied – slegs geregistreerde Land Cruiser-deelnemers sal aan hierdie aktiwiteite mag deelneem om dit eksklusief te hou.

Daar is ook boskamp kampering beskikbaar teen baie billike pryse (R850 per voertuig met maks 4 persone in vir die naweek wat die Land Cruiser-registrasie insluit!) by www.ekspo.co.za.

Hierdie kampering het geen krag nie maar wel baie netjiese en skoon ablusiegeriewe beskikbaar. Sondela kan ook direk genader word by www.sondela.com met betrekking tot die oord se eie akkommodasie opsies. Daar is ook beperkte hoeveelheid ‘glamping tente’ beskikbaar om die naweek te huur wat ten volle toegerus is (jy bring letterlik net jou klere saam).

Die koste beloop R1850 (Land Cruiser-registrasie uitgesluit) vir twee persone vir die naweek. Hierdie tente kan direk bespreek word by Barefoot Camping Adventures deur ’n e-pos te stuur aan info@barefootcamps.co.za of skakel Johan by tel. 076 693 6129.

Koste per Cruiser-registrasie beloop slegs R350 en daar sal vir elke inskrywing ’n pragtige geskenksak by aankoms wees. Dagbesoekers is ook baie welkom en kan teen R60 per persoon al die aktiwiteite kom bywoon.

Registreer nou jou Land Cruiser aanlyn en/of bespreek jou boskampering by www.ekspo.co.za of maak kontak met Tersia – accounts@ekspo.co.za of bel haar by tel. 072 487 0000 vir meer inligting of om te help met die Cruiser- registrasies. Laat registrasies sal op Saterdag 8 Junie, met aankoms by die terrein toegelaat word, maar ons versoek tog dat die aanlyn opsie gevolg word om dinge te vergemaklik.

Waterberg skud jou vere reg – die Hankook Land Cruiser-Fees is net om die draai!

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button