Local sport

Nuwe spandrag vir ringbalklub

Die nuwe ringbalklub in Modimolle het reeds drie ligawedstryde agter die blad. Hulle het teen die spanne van Tzaneen, Parke en die Jakaranda-klub in Polokwane deelgeneem.

Volgens Mariza Toet het talle nuwe spelers by die Kranskop-ringbalklub aangesluit en het dié nuut gestigte ringbalklub baie goed gevaar teen die gevestigde klubs in die distrik. “Ons afrigter, Johan Oosthuizen, is baie bekwaam en het groot verwagtinge vir ons klub,” het sy gesê.

Die klub bedank hul borge, Johan Boonzaaier van Waterberg Toyota en Rudi Boonzaaier van New Holland Limpopo vir hul nuwe spandrag. Hulle is ook dankbaar teenoor Serp Silvestri wat die doelpale geskenk het en Franco van Deventer wat die ligte gratis geïnstalleer het.

Die klub oefen Maandag- en Woensdag-aande om 17:30 by Laerskool Nylstroom se bane.

Vir meer inligting, skakel tel. 082 873 7004 of tel. 061 443 4575.

Related Articles

 
Back to top button