Lifestyle

Ontdek skoonheid deur ’n kameralens

Die Bela-Bela-fotografieklub is in 2000 gestig deur dr. Meyer de Jonge en sy vrou, René, met die doel om ’n platform te bied vir amateurfotograwe om hul kreatiwiteit uit te leef.

Volgens Alma Hoon, ’n jare lange aktiewe lid van die klub, is dit ’n klein gemeenskap waar lede mekaar ondersteun en inspireer onder leiding van Gerda de Bruto, die voorsitter.

“Dit is vir ons almal ’n passie en ons wil graag sien dat ons klub groei. Dit dien as ’n uitlaatklep en bied ’n geleentheid om kreatief te wees. Fotografie laat ons die skoonheid in die lewe waarneem en help ons om die negatiewe dinge om ons te vergeet – dit is net vir ontspanning,” het Hoon aan Die Pos gesê.

Die klub het tans 11 lede, waarvan drie onlangs na ander dorpe verhuis het, maar steeds aktief deelneem aan Bela-Bela se takkompetisies wat deur Francois Venter, die streeksdirekteur van PSSA (Photographic Society of South-Africa), beoordeel word.

“Die terugvoer wat hy vir ons gee oor ons werk is van groot waarde. Hy bied graag raad aan wat ons help om ons foto’s in die toekoms te verbeter.”

Diegene wat belangstel om by die klub aan te sluit, kan Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725 kontak.

Related Articles

 
Back to top button