Schools
Forbies wys vernuf
Die fietsryers van Euphorbia CO-skool in Mookgophong het hulle fietsry-vernuf getoon tydens die XC0 #3 in Mokopane, Saterdag, 13 April.

Neia Botha het 1ste plek en Lona Genis 4de plek in die Sub-Nipper-afdeling (ouderdomsgroep 7 en 8) behaal. Herlo Genis het 1ste plek en Sebastiaan Rabie 5de plek in die Nipper-afdeling (ouderdomsgroep 9 en 10 jaar). Mary-Jane Rabie het ’n 3de plek en Shani Botha 4de plek in die Sprog-afdeling (11 en 12 ouderdomsgroep) behaal.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.