”Besorgte buurvrou”, Germiston, skryf:
Ek is hoogs ontstel.
Ek is ‘n weduwee, werk nie en ek probeer kop bo water hou.
Ek het drie jaar terug met my bietjie weduweepensioen ‘n kar gekoop, dis al vervoer wat ek het.
Ek bly in ‘n woonstel.
Hulle het gesê, moenie worry nie, jou kar sal niks oorkom nie, daar is kamaras en dis goed toegemaak, niemand sal iets aan jou kar doen nie.
Nou, op 10 September, kom ons agter dat my vriendin, wat in dieselfde blok bly, se radio uit haar kar gesteel is.
Ek gaan kyk toe of my kar okay is.
Alles lyk fine, maar toe ek wou ry wou my kar nie start nie, en toe sien ek my battery is gesteel.
Ek bars net daar in trane uit.
Waar op aarde gaan ek nou geld kry vir n nuwe battery?
Nou is my vraag: hoe op aarde het hulle by die woonstelgronde ingekom en waar is die polisie, wat kort-kort moet rond ry en kyk of ons veilig is?
My hart was so gebreek oor my arme kar.
Wat is volgende?
Wat gaan gebeur by die woonstelle?
Miskien gaan hulle probeer inbreek in iemand se woonstel — wie weet?
So, asseblief mense, hou ‘n oog op wat om jou aan gaan.
Bure moet bymekaar staan en kyk of alles om hulle veilig is.
Dis oor sulke dinge in ons SA wat mense nie meer hier wil bly nie.
Pas julle self en wat julle besit op.
Die lewe is te kort, glo my; ‘n mens probeer hard om aan die lewe te bly, so moenie toelaat dat diewe dit net so van jou af weg vat nie.



