Local sportSport
Dwayne gaan vir SA hengel
Sy wens was altyd om vir SA te hengel en dit het waar geword.
Dwayne Hibbert (11) is tans ‘n leerling aan die Laerskool Oosterkruin, in graad vyf.
Hy speel nie net rugby en krieket nie, hy hengel ook vandat hy sewe jaar oud is vir die hengelklub RPA Boksburg.
Sy wens was altyd om vir SA te hengel en hy is onlangs gekies om die land vanaf 10 tot 16 Desember, by die Bloemhof Dam te verteenwoordig.
Hy het ook die volgende by die klub behaal: Grootste Karp — 3.56kg; Grootste Gras Karp — 3.34kg en Klub Kampioen: eerste plek vir Maart, September en November, tweede plek vir Junie en derde plek vir Oktober.
Jy kan ook lees:
Valentynshengel-kompetisie ’n groot sukses
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



