Local newsNews

Polisievoertuig betrokke in ongeluk

Drie voertuie waarvan een ‘n polisievoertuig, het gebots nadat die bestuurder van ‘n Isuzu bakkie gepoog het om in die besige R42 pad tussen Heidelberg en Nigel ‘n u-draai te maak

HEIDELBERG/NIGEL – Drie voertuie waarvan een ‘n polisievoertuig, het gebots nadat die bestuurder van ‘n Isuzu bakkie gepoog het om in die besige R42 pad tussen Heidelberg en Nigel ‘n u-draai te maak. Die ongeluk het volgens AO Madeleine von Wielligh, woordvoerder van Nigel SAPD, om 07:30 naby die Kaydale Superette plaasgevind.

Die ongeluk hier is nie ‘n geïsoleerde voorval nie. Op 5 Augustus omstreeks 16:10 het ‘n pluimvee afleweringsvragmotor ‘n u-draai op dieselfde pad gemaak, toe die bestuurder van ‘n Mercedes in die vragmotor vasgery het. Die vragmotor het in die pad omgeval en ‘n gevaarlike situasie vir ander motoriste geskep.

Lees gerus meer in die HERAUT van 19 Augustus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button