Local newsNews

Musiek video vir Nigel

Vir sommige mense is die idee om op 'n verhoog te staan met alle oë op jou gerig en 'n mikrofoon in jou hand, 'n senutergende gedagte.

Vir sommige mense is die idee om op ‘n verhoog te staan met alle oë op jou gerig en ‘n mikrofoon in jou hand, ‘n senutergende gedagte. Maar na drie liedjies, jare se harde oefening en deursettingsvermoë het ‘n sanger van Nigel, Mercer Jordaan (25), hom goed van sy taak gekwyt by die Toys for Boys sangkompetisie wat op 31 Augustus by Hoërskool John Vorster aangebied is.
Mercer is dol oor sing en kan onthou hoe hy van kleintyd af vir sy gesin gesing het. Hy het elke liedjie by die Toys for Boys kompetisie met passie en deernis gesing en mens kon dadelik sy liefde vir sang en om op te tree, merk. Sy suiwer sterk stem het ‘n blywende indruk by die skare gelos.
Die gevolg is dat Mercer nie net by die kompetisie uitstekend gevaar het nie, maar ook die geleentheid bekom het om ‘n musiekvideo op te neem wat geborg word deur die pogings van die Ou Apostoliese Kerk van Afrika. 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button