Local newsNews

Hulle is 60 jaar getroud en nog gelukkig en gesond

Só kan Lenie en Joseph Meyer, wat vandeesweek hul 60ste huweliksherdenking gevier het, getuig.

Hulle is 60 jaar getroud en nog gelukkig en gesond.
Só kan Lenie en Joseph Meyer, wat vandeesweek hul 60ste huweliksherdenking gevier het, getuig. “Die dag wat jy die besluit maak om te trou, moet jy dit deurvoer tot die dag wat jy die aarde verlaat. ‘n Huwelik verg harde werk en daar sal altyd uitdagings wees, maar die beloning is groot.” Só gesels Lenie in Nigel Tuiste vir Bejaardes, waar sy en haar man die afgelope vier jaar woon.
Lenie, (80) en Joseph (83) is in 1954 getroud. Hulle het die meeste van hul getroude jare in die Vrede-omgewing deurgebring waar hulle ook vir 10 jaar in die distrik geboer het. Hulle was sulke toegewyde ouers dat hul kinders en kleinkinders graag in hul voetspore wil volg.
Joseph was voorheen ook ‘n bouinspekteur in Nigel vir 15 jaar. Hulle het besluit om eers af te tree wanneer al drie hul seuns klaar studeer het. Dit was vir hulle belangrik om deur hul lewe hul kennis en ervaring aan hul kinders oor te dra. Hulle glo dis ‘n voorreg om jou kinders voor jou te kan sien grootword.
Hulle het eers vir vyf jaar in die Avondvrede Ouetehuis in Vrede gebly, waarna Lenie siek geword het en hulle toe in Nigel kom woon het.
Die egpaar wat mekaar se beste maats is, se hart se punt is hulle sewe kleinkinders vir wie hulle baie lief is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button