Local newsNews

Kleuters kuier vir Nigel Tuiste vir Bejaardes

Om die lente te verwelkom het kleuters van Laerskool Tini Vorster en Nini Dagsorg op 2 Oktober die inwoners van Nigel Tuiste vir Bejaardes trakteer op geskenke, sjokolade en liedere.

Om die lente te verwelkom het kleuters van Laerskool Tini Vorster en Nini Dagsorg op 2 Oktober die inwoners van Nigel Tuiste vir Bejaardes trakteer op geskenke, sjokolade en liedere.
Vir die inwoners van die tehuis, waarvan sommige bedlêend is, was die gebaar genoeg om party te laat huil en ander weer van vreugde te laat lag.
”Ons probeer om aan die mense, veral bejaardes, siekes en minderbevoorregtes te toon dat ons jongmense vir hulle omgee. Dit is net ‘n klein gebaartjie, maar die vreugde wat dit aan die mense bring, is vir ons wonderlik”, het maatskaplike werker Monica Snyman gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button