Local newsNews

Pastore trou in eg-Hebreeuse styl

Pastoor Jan Combrinck se bruilof met 'n pastoor van Meyerton was in eg-Hebreeuse styl uitgevoer.

Pastoor Jan Combrinck van Lesedi Care Centre in Rensburg, het weer liefde gevind. Jan en Pastoor Annamarie Lensley van Meyerton het op 11 Januarie in eg-Hebreeuse styl in die AGS Kairos Kerk getrou. Die bruid is met luide trompetgeskal en die blaas van die ramshoring en shofar in die kerk verwelkom. Die Shofar is ‘n ramshoring wat deur Dawid in die tempelorkes gebruik is en ook geblaas is om feestelike geleenthede aan te kondig.
Annamarie se gemeente het verlede jaar die Lesedi Care Centre onder hul vlerk geneem en Sondae kom hand bysit by dié gemeente wat veral na hulpbehoewende mense en weeskinders omsien. Geestelik seëninge was nie al wat Jan ontvang het nie, en spoedig het hy en Annemarie besef dat hulle nie aan die liefde kan voorskryf nie.
Die bruilof was gekenmerk met simboliek en geestelike danse.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button