Local newsNewsUpdate

Slange gevang in Rensburg

Twee rinkhals-slange is in die begin van Februarie gevang in Rensburg.

  HEIDELBERG – Twee rinkhals-slange het die afgelope week hul verskyning in Rensburg gemaak. In Vosstraat het `n rinkhals (ongeveer 20cm) onder `n swembadseil geskuil. George Booker snr en sy seuns, George en JP het die slang gevang en in `n veilige gebied losgelaat.
Nog `n besoek van `n rinkhals was in Coen Labuschagnestraat waartydens die slang (ongeveer 45cm) George Booker snr in die oog gespoeg het. Hy het gemaan dat die slange gewoonlik na jou gesig spoeg. Sy oog was bietjie rooi en het, nadat hy dit met water uitgespoel het, weer herstel. Die rinkhals wissel van olyfkleurig tot donkerbruin en word uitgeken deur drie kruisstroke oor die keel. Hierdie slange kan gif oor `n afstand van 2.4m spoeg en kan tot 1,5m lank word. Volgens bronne kan die gif potensieël dodelik wees, maar is nie so giftig soos ander kobras nie. As die gif op die mens se lyf beland, sal dit niks doen nie en as dit in jou oë kom, kan dit uitgespoel word met water of melk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button