Afgesaagde lamppaal eis amper gospelsanger se lewe
Die welbekende Afrikaanse gospelsanger, Rudi Muller en sy vrou Lize, het Donderdagaand ‘n noue ontkoming gehad nadat hulle voertuig 'n afgesaagde lamppaal in die pad getref het.

Die welbekende Afrikaanse gospelsanger, Rudi Muller en sy vrou Lize, het Donderdagaand ‘n noue ontkoming gehad nadat hulle voertuig ‘n afgesaagde lamppaal in die pad getref het.
‘n Groep rowers het glo die 30m lange lamppaal lang die Nigel/Springs-pad afgesaag met die doel om dit vir skrootmetaal te verkoop en dit het in die beland.
“Dankie Here, ek en my vroutjie is veilig, alhoewel die voertuig afgeskryf is. Ek het vanaand besef wat die impak kan wees wanneer ligmaste afgesaag word om verkoop te word vir skrootmetaal, dit kan lewens eis! Maar God se Genade is Groot! Geniet julle dag en ’n geseënde naweek,” het Muller op Facebook geskryf.
Volgens SAPS Nigel kon hulle moontlik die ongeluk vermy as die straatligte op daai pad gewerk het.
HERAUT kon nog nie Muller in die hande kry vir kommentaar nie.



