Local newsNewsUpdate

Gestremdes amper sonder heenkome nadat bank rekening opskort

Sunfield Fortuna Tehuis vir verstandelik- en liggaamlik gestremde persone moes vir maande sukkel om hul bankrekening te heropen.

Die tehuis het sedert Oktober verlede jaar gesukkel met FNB nadat hulle die nodige FICA-dokumente verskaf het. Die dokumente is op die ou einde ses keer gestuur, maar die bank het steeds hul rekening in Januarie opgeskort en hulle het geen toegang tot fondse gehad nie. Die tehuis kon nie kos of gas aankoop of die personeel se salarisse betaal nie. ‘n Borg van Sunfield het uiteindelik ingespring en geld aan die tehuis geleen om te oorleef. Dieselfde het egter in Februarie gebeur en teen 3 Maart het die bestuur van die tehuis nie meer geweet watter kant toe nie. Die direkteure van Sunfield het ten einde laaste ‘n ultimatum aan die bank gestuur en gedreig om alle onbetaalde fooie van personeel se aftrekorders wat nie sou afgaan nie, van die bank te eis. Die rekening is dieselfde middag heropen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button