Bome sal nie almal in slag bly op R23 voor Overkruin
Bome op die R23 voor Overkruin wat die laaste maand voor die voet afgekap is, het inwoners laat rooi sien.

Inwoners was veral ontsteld oor twee Acasias (doringbome) wat inheems aan Suid-Afrika is en ook afgekap is.
Gerry Holtzhausen (DA raadslid: Wyk 9) het egter aan inwoners die versekering gegee dat die res van die inheemse bome nie uitgekap sal word nie. Hy het ondersoek ingestel en uitgevind dat die Gauteng Department van Vervoer en Openbare Werke (Gautrans) ‘n kontrakteur aangestel het om 18 bome in dié pad af te kap.
Die bome word langs dié besige en gevaarlike stuk pad om veiligheidsredes uitgekap. Volgens Gerry was dit veral die bome langs die Leërgimnasium se heining wat ‘n probleem veroorsaak het.
Die twee doringbome wat in die slag gebly het, was reg langs Overkruin se buite omheining en diewe kan dit gebruik om oor die muur te spring. Dit is ook langs die afvoer kanaal wat oortollige reënwater van Overkruin onderdeur die pad afvoer.



