Local newsNews

April vir Jesus projek geloods

April vir Jesus is amptelik deur Nigel inwoners geloods.

Ongeveer 300 inwoners van Nigel het op 11 April die “April vir Jesus” triomftog meegemaak.
Die triomftog (prayer walk) het by John Vorster Stadion om 09:00 afgeskop toe inwoners `n 3km tog aangepak het.
Die tog was gehou ter herdenking van Paasfees en die prys wat Jesus vir die mensdom betaal het. Die doel van die tog is om Christus se versoeningswerk onder die aandag van die hele nasie te bring.
Projekbestuurder Charmaine Goosen het gesê die land is nie in `n goeie geestelike posisie nie. “Ons voer `n geestelike oorlog. Kerke moet saamstaan oor die aspek waaroor almal saamstem en dit is dat Jesus Christus die Saligmaker is.”
Gemeentes in Nigel en inwoners het op die dag saamgestaan.”Pastore, dominees en andere was baie positief oor die projek,” het Charmaine gesê. “Die triomftog gaan nou jaarliks aangepak word. Ons beplan om dit volgende jaar groter te doen.”
Charmaine het gesê die bewusmakingsveldtog gaan regdeur die jaar aangemoedig word. “Dit stop nie hier nie. Dit moet `n “elke maand vir Jesus” projek wees. Ons gaan ook werkswinkels deur die jaar aanbied. “Die veldtog sluit ook die drapering van rooi, swart en wit lappe om bome in. “Swart simboliseer die sonde van die mens, rooi simboliseer die bloed van Jesus en wit simboliseer die reinheid van die mens nadat Jesus ons sondes weggevat het,” het Charmaine verduidelik. Mense word aangemoedig om die drapering van bome tot einde April vol te hou. Duiwe en ballonne is ook losgelaat. Ernest Handy het die deelnemers toegespreek en gesê die mens moet meer positief dink. Frikkie Boshoff van Krugersdorp het almal met doedelsak musiek vermaak.
Vir enige navrae kan Charmaine by 076 400 3341 geskakel word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button