Local newsNews

Digte rook op Nigel/Heidelberg pad oorsaak van kettingbotsing

Digte rook veroorsaak kettingbotsing toe vragmotor nie voertuie voor hom kon sien nie.

‘n Groot veldbrand gister op die R42 pad tussen Nigel en Heidelberg het veroorsaak dat ‘n klein motor, twee dubbelkajuit bakkies, twee motorfietse en ‘n vragmotor in ‘n kettingbotsing betrokke was. Die ongeluk het omstreeks 11:30 plaasgevind toe die voertuie weens die digte rook spoed verminder het. Die rook was egter só dig dat ‘n vragmotor nie die voertuie voor hom gesien het nie. Hy het die agterste voertuie gestamp wat ‘n kettingreaksie veroorsaak het. Een van die motorfietse het onder een van die bakkies beland. Die motorfietsryer het wonderbaarlik net ‘n fraktuur aan sy regterbeen opgedoen. Geen ander ernstige beserings is aangemeld nie.

2

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button