Local newsNews

DBV se Toffie teruggevind

Toffie, die DBV se eie hond is teruggevind nadat sy vir twee dae verlore was.

Blye weersiens: Toffie, die DBV op Heidelberg se eie hond, is teruggevind nadat sy vir twee dae weg was. Toffie lê die personeel na aan die hart en die hele Heidelberg het na Toffie help soek nadat sy een nag ná harde skote in die omgewing, verdwyn het. Toffie se foto is op sosiale netwerke geplaas en die soektog het begin. ‘n Oplettende George Booker (Jnr), Heidelberg se eie privaatspeurder, het Toffie Donderdag nag naby Heidelberg Mall gewaar. Sy het egter vir hom weggehardloop. Bestuurslede van die DBV het help soek en Toffie is naby die tonnel van die inkopiesentrum gevind. Toffie was veral bly om met Ans Botha (inspekteur) herenig te word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button