CrimeNews

Vermiste bejaarde gesoek

Het jy Johanna Willemse gesien.

Heidelberg Polisie vra die publiek se hulp met inligting oor die vermiste Johanna Francina Willemse (66) wat Saterdag verdwyn het.

Sy het Saterdag in haar goue Toyota Tazz (registrasienommer TBN 189GP) by haar huis in Viljoenstraat weggery, sonder dat sy aan iemand gesê het waarheen sy gaan. Sy is nog nie weer gesien nie.

Sy dra ‘n goueraam bril, is 1,6m lank, weeg 68kg en het blou oë.

Johanna het gedragsveranderinge begin toon ná ‘n beroerte verlede jaar en is op chroniese medikasie vir hoë bloeddruk.

Enigiemand wat weet wat van Johanna geword het of haar gesien het, kan Speurder Konstabel Shambane by 016 341 5175 of 083 675 8546 of haar dogter Ina Willemse by 082 773 4027 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button