Local newsNewsUpdate

Plaaslike rugbyspeler erg beseer in botsing

HEIDELBERG - ‘n Rugbyspeler van Heidelberg Rugbyklub is ernstig beseer in ‘n trompop botsing op die Nigel/Heidelberg-pad en per helikopter na die Netcare Unie Hospitaal in Alberton geneem.

Lydia Rice

news1.heraut@lantic.net
Phillip Beukes (23) en sy ma Karen was op 6 September oppad terug van ‘n naweek in Amsterdam toe hul voertuig omstreeks 21:00 in ‘n trompop botsing met ‘n bakkie betrokke was.
Karen is met ‘n gebreekte kakebeen in Life Suikerbosrand Kliniek opgeneem, terwyl Phillip vir meer as ‘n uur in die wrak vasgekeer was. Hy het albei sy bene en regterarm gebreek en veelvuldige kopwonde opgedoen.

Volgens ‘n familielid het Phillip baie bloed verloor. Sy liggaam het in skok gegaan en hy kon nie dieselfde dag ‘n operasie ondergaan nie. Hy is onder verdowing gehou en dokters sou op 7 September poog om op hom te opereer.

Phillip Beukes, rugbyspeler van Heidelberg, is ernstig in ‘n motorongeluk op die Heidelberg/Nigel-pad beseer en per helikopter na die Netcare Unie Hospitaal geneem.
Phillip Beukes, rugbyspeler van Heidelberg, is ernstig in ‘n motorongeluk op die Heidelberg/Nigel-pad beseer en per helikopter na die Netcare Unie Hospitaal geneem.

Die bestuurder van die bakkie is met minder ernstige beserings na Heidelberg Hospitaal vervoer. Haar passasier het geen beserings opgedoen nie.
Nigel polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Sien ook die artikel op FB
Reddingswerkers moes lewenskake gebruik om Phillip Beukes uit die wrak van sy voertuig te bevry nadat hy en sy ma Karen in ‘n trompop botsing op die Heidelberg/Nigel-pad betrokke was.

Die nuutste nuus is dat Phillip gisteraand (7 September) geopereer is en onder verdowing gehou word. Sy ma is intussen ook na die Unie Hospitaal oorgeplaas.

phillip1

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button