Local newsNews
Fluit fluit, die plafon is uit…
ALRAPARK - Besoekers aan en personeel in diens van Alrapark Biblioteek het groot geskrik toe die plafon onverwags inmekaar gestort het.
Die voorval het omstreeks 10:30 op 21 Oktober plaasgevind. Dit is nie duidelik wat die ineenstorting veroorsaak het nie, maar volgens die assistent bibliotekaris (sien foto) is die voorval reeds aan die streekskantoor van Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) rapporteer. Die skade blyk minimaal te wees en niemand is tydens die voorval beseer nie, maar die gebou se sekuriteit is tot en met herstel van die plafon, blootgestel.
Volgens DA Raadslid Wally Labuschagne is sekere onderhoudkwessies soos onderhoud van die plafon reeds in 2014 onder EMM se aandag gebring, maar is geen aandag daaraan geskenk nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



