Water is kosbaar, gebruik spaarsamig maan kenners!
NIGEL/HEIDELBERG - Volgens die Internasionale weerkundiges is n reuse El Niño vanjaar die rede vir ‘n ernstige droogtetyd in Suid-Afrika en die Gauteng-streek is geen uitsondering nie.

Volgens die jongste gegewens is daar ‘n 90% moontlikheid dat die land gebuk nog meer sal gaan onder El Niño weerpatroon, wat ‘n droogtetoestand veral in die binneland teweeg sal bring.
Saam met die afwesigheid van seisoenale reën staan boerderye gebuk onder ‘n knellende droogte. Die toestand sal na verwagting tot minstens April voortduur, wat ‘n moontlike verandering in die reën patroon so laat as September kan voorbring.
Kenners het ook daarop gewys dat die El Niño weerpatroon goed vergelyk met vorige gevalle, waarvan die een in 1997 en die ander in 1998 waarskynlik beste onthou sal word. Hoewel die El Niño weerpatroon normaalweg tussen 8 en 12 maande duur, kan dit ook selfs tot ‘n tydperk van 2 jaar uitrek.
Landboukundiges sê boere wat in die somer reënvalgebiede geleë is, sal hulle goed moet voorberei vir die droogte toestande wat nou aanbreek.
Volgens ‘n bevinding deur die Departement van Waterwese en Bosbou gaan Suid-Afrika teen die jaar 2030 in ‘n ernstige waterkrisis gedompel wees. Verskeie munisipaliteite het sedert Oktober ernstige waterbeperkings ingestel. Rand Water het onlangs aangekondig dat Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) ook binnekort waterbeperkings sal oorweeg, weens die toename in aanvraag en hoë temperature.
Volgens EMM woordvoerder Themba Gadebe word die watersituasie streng dopgehou en inwoners sal ingelig word sodra waterbeperkings ingestel word. Inwoners is gemaan om water spaarsamig te gebruik om waterbeurte (water shedding) te voorkom. Vroeër vanjaar het die burgemeester Mondli Gungubele bekendgemaak dat 10 551 van sowat 43 000 lekkende krane en pype
Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit het inwoners ook gemaan om, hoewel geen beperkings ingestel is nie, water spaarsamig te gebruikSuid-Afrika is bekend as ‘n waterarm land en dit skep veral probleme in die stede, omdat water oor ver afstande voorsien moet word. Die Lesotho-Hoogland-waterprojek is hiervoor gebou en fokus veral op huishoudelike watervoorsiening in stedelike gebiede soos Johannesburg en Pretoria.
Huishoudings in stedelike- en dorpsgebiede kan aansienlik water bespaar deur reënwater op te vang. Gedurende stortreëns kan water opgevang word vir gebruik in die tuin. Die water van geute kan ook in dromme opgegaar word vir besproeiing.
Watervermorsing: In verskeie stede is daar nog asbeswaterpype in gebruik, wat gedurig kraak en vervang moet word. Dit kan tot groot waterverlies lei, omdat daar heelwat water uitlek voor dit aan die oppervlak gesien kan word.



